KLAPSOEN
Â

Â
Moet net asseblief nie enige kieme oordra nie, anders gebeur dit nooit, ooit weer nie. Â
Veral nie die H5N1 voëlgriepvirus nie, want binnekort is daar miskien geen verweer meer teen dié nare aandoening nie. Die beste reaksie teen die griep tot dusver, Tamiflu (wat in skeepsvragte deur lande aangekoop word vir ingeval die voëlgriep pandemie uiteindelik uitbreek), is aan skerp wantroue onderwerp nadat 15 Japannese adolessente sedert 2004 hulself beseer of selfmoord gepleeg het. Japan, en nou ook Taiwan, oorweeg om al hulle voorraad van die Tamiflu te vries, totdat ʼn moontlike verband tussen dié raat en psigotiese gedrag verkeerd bewys is. Natuurlik ontken farmaseutiese maatskappye vuriglik enige konneksie van die aard.  Dis seker beter om mal te word as om dood te gaan – so ek sal waarskynlik steeds iewers Tamiflu op die swartmark aanskaf indien een van julle my sou infekteer. Dan kan dit maar op julle gewete wees as ek ylhoofdig, hallusinerend, en stapelgek raak.  Lekker naweek! NS - as jy gedink het jou werk is hopeloos te stresvol of vervelig, kliek op hierdie skakel.
Ek is totaal en al jaloers. Nie op kieme nie, maar oor die foto’s wat jy kan neem van interessante plekke.
Ek ag myself gelukkig. Volgende Vrydag gaan ek Japan toe! Kan nie wag nie.
Dit klink of jy nogals baie reis. Is dit vir werk? Moet bieg ek sal nie omgee om Japan te sien nie, veral in die lente.
Dankie vir die klapsoen! Doen my goed. Is lekker verkoue (glo darem nie dis H5N1 nie) en is van die oggend tot die aand op Ginseng.
dankie vir die ou soentjie, maar ek bat nie na daai kant toe nie.
eugh, nou’s ek vol pixelated lipstiffie. sies man
George – ja, gedeeltelik vir werk. Daar is voordele daaraan om jou eie baas te wees. Dit gaan nog effe koud wees, en die bloeisels is blykbaar nog nie uit nie, maar ek gaan in elk geval net Tokio toe, en daar sal ten minste baie ander funky dinge wees om te sien.
Boer – as jy darem sou waag om my nou aan te steek!
Melanie – ek dink ‘n hele klomp mense in my hoekie van die blogosfeer bat nie vir my span nie. Maak mossie sakie, Suid-Afrikaners is mos in elk geval baie soenerig.
Johan – you should be so lucky! Hier’s sommer nog een – mpsooeeeaa!
Lekke…
is ek regtig al een wat dink daai ou in die agtergrond is scary? (laat my aan “the grudge” dink)
Die ou in die agtergrond is daar om seker te maak dat ek net klapsoene uitdeel;-)
hehe…pimp?
ROFL!!
Dan is ons seker bly hy is daar…