DONKER-LIG-DONKER
Ek het onlangs vir Jan Svankmajer ontdek. Hy’s gewis kolossaal cool.
Svankmajer is ʼn Czech surrealis en ʼn blerrie eienaardige een daarby. Die oom is al drie en sewentig jaar oud en hy skep nog steeds uitstekende kuns. Hoewel hy vernuftig is in vele mediavorme is hy veral bekend vir sy vaardigheid in die stop-mosie animasie tegniek. Een kenmerk van sy werk is die oordrewe byklanke wat die skeppinge se absurditeit onderskraag.
Op die American Cinemathetique webwerf skryf hulle:
“Invoking the surreal poetry of Lewis Carroll, the sinister horror of Edgar Allan Poe, and the claustrophobic paranoia of Franz Kafka, the films of Czech animator and director Jan Svankmajer are bizarrely beautiful: a witty blending of the perverse, the macabre, and the child-like.”
Ek kon nie besluit watter video om hier te plak nie, en het toe maar besluit op die eerste een wat ek gesien het. Wag dat dit heeltemal afgelaai is, voordat jy begin kyk. Dit neem ʼn rukkie, maar dis definitief die wag werd. Gaan kyk ook op YouTube vir van sy ander werke.
Wat dit als beteken? Miskien lewer dit kommentaar oor die verganklikheid van die mens, ons eie onkunde van die self en die onhandigheid waarmee ons met die ek omgaan; of ons vermoë om ʼn groter beeld van onsself te skep as wat ons werklik werd is binne ons beperkte omgewing. Dit herinner dalk dat ons onsself nie te ernstig moet opvat nie – dat ons eintlik net ʼn klomp ledemate en hompe vleis is wat ongemaklik aan mekaar verbind is.
Dis maar net ʼn knoeierige raaiskoot. Enige lig op dié duisterheid sal waardeer word.




Interessant dat die mond die laaste sintuig is wat bykom. Al die ander sintuie is meer gerig op waarneming, waar die mond ook gebruik kan word om te praat – dikwels ten koste van waarneming. Dalk hoe mens as kind eers net verwonderd staan oor die lewe en later begin dink en praat? Soos Elisabeth Eybers geskryf het: “Miskien is vandag die laaste dag van staar en grondelose verwondering…” Mens kan seker iets maak van die orde waarin hy liggaamsdele toevoeg.
Sulke interpretasies verraai natuurlik eintlik meer van ‘n mens self, as enige iets anders. So as mens sê wat jy sien, klim jy gratis op die sielkundige se couch.
Ek sou in elk geval iets daarin sien van die mens se evolusie, hoe ons gegroei het in ons verstaan van onsself (kollektief, maar ook elke individu se groeiproses vanaf geboorte), asook ons omgewing (en hoe ons bewus word van die beperkinge daarvan). Maar ten spyte van dit alles, bly ons ‘n groot vis in ‘n klein dammetjie en kan ons maar net nie verby die beperkings van ons wêreldjie kom nie. Wat bly dan oor? Die lig wat dof word, ‘n terugkeer na duisternis, dalk die dood?
Ons kom uit duisternis, word vir ‘n wyle die lig van bewussyn gegun, voordat ons weer terugkeer na die duisternis van die vormlose. Voor iemand dink dit is depressing, onthou, daar is darem die “end credits” as alles verby is.
Ns. Dit laat my dink aan ‘n kortfilm wat ek in die Tate Modern gesien het van twee koppe wat praat en mekaar later verorber – as ek reg onthou? Ek wonder of dit nie dieselfde kunstenaar was nie?
Het jy opgelet hoe bulderend hard die penis aan die deur kon klop (die manlike ego wat deurbreek?).
Soek ook vir sy Dimensions of Dialogue 1 en 2. Daar verorber koppe mekaar onder andere. Dis moontlik dieselfde kunstenaar wat jy in die Tate Modern gesien het.
ek hou van george se interpretasie.
my raaiskoot? dis die übermensch. hy maak homself. dis ook effe metateatraal (of metakunstig…ek kan nou nie die regte woord kry vir die visuale kunste nie?) aangesien die skeppende kleihande om die beurt geskep is deur die vleeslike hande van ‘n production team.
I DIe WIt Dragon DIe
Ek bedoel I DIe WIt Dragon DIes
Die = doodgaan, Dragon kan ook Draak wees
IDIWIDI!
Insinueer jy dalk dat mans groot ego’s het?
Johan: Ek het ook opgelet dat die hande die eerste ledemate was – ons vermoë om te skep en te over-power (onsself ook, aldus die übermensch) word dus belangriker geag as ons vermoë om waar te neem. Wanneer die oë bykom word dit slegs as ʼn instrument aangewend om die skeppingsproses uit te brei. ʼn Proses wat onafhanklik is van wat buite die vertrek aangaan. Daar is in elk geval niks om waar te neem vir die klei-figuur behalwe homself in klein sarsies nie. Dit lyk ook nie juis of die drommel regtig in staat is om kommentaar op sy doen en late te lewer nie.
Lam: Daar is niks oor die dood in my naam nie – weet jy dan nie dat diewitdraak onsterflik is nie?
George: Ek insinueer niks, ek sê dit prontuit.
ek het ‘n groot ego. whê
Idiwidi aka Die Wit Draak,
Dankie vir die baie vermaaklike video! Ek het geen stuiwer om te gooi nie, behalwe om met die kleiman te simpatiseer omdat hy so onderbedeeld is.