Geluk (b)

 dsc00156.JPG

 (Hierdie optekening het begin as kommentaar op riviersonderend se stuk: Wat maak ʼn mens gelukkig? Maar, ek is bang George raak kwaad as ek sulke lang tirades in sy blog uitspoeg, toe maak ek liewers ʼn nuwe inskrywing.) 

Ek het ʼn ruk gelede ook ʼn baie interessante artikel in die New York Times gelees – Happiness 101. Dit verwys na die nuwe neiging in die sielkunde om tydens die soeke na gemoedswelstand eerder op die positiewe aspekte van ons psige te fokus as op die neurose en versteurings waarmee sielkundiges hulle normaalweg bemoei.  

Die artikel maak dieselfde gevolgtrekking as Sonja Lui-bom-whiskey ;-) wat George aanhaal, dat ‘selfless kindness’ die weg baan vir geluk. Dit word in teenstelling met plesier gesien wat nie ʼn sinoniem vir geluk is nie, aangesien die gegrabbel daarvoor op die langtermyn gewoonlik die teenoorgestelde uitwerking het. In Happiness 101:

the distinction between feeling good, which according to positive psychologists only creates a hunger for more pleasure — they call this syndrome the hedonic treadmill — and doing good, which can lead to lasting happiness.” 

ʼn Ander funky webruimte is die Authentic Happiness blad van die Universiteit van Pennsylvania se Positive Psychology Centre. Aan’t stuur daar is dr. Martin Seligman en hy en sy span het ʼn hele klodder questionaires opgestel wat jou kan help om uit te vind presies hóé gelukkig jy regtig is. Jy moet op die tuiste registreer, dan stoor hulle al jou uitslae in hulle toetssentrum sodat jy later weer vergelykend daarna kan kyk.  

Hulle het ook ʼn VIA signature strengths vraestel en ʼn Close relationships vraestel wat nogals interessante resultate oplewer (wel, vir my in elk geval – ek ly blykbaar aan akute attachment-related avoidance).  

Laat weet my wat julle top strengths is.  

~ deur idiwidi op 27 Maart 2007.

5 Responses to “Geluk (b)”

  1. Vlot in tale. Al vyf.

  2. idiwidi, jy hoef nie te stres dat ek sal kwaad word nie – een van my sterkste punte is vergifnis. Mmm… dit is nou wel 4de op die lys van 5, so dit mag dalk net ‘n rukkie neem.

    (Daai foto is moerse cute – jy kon geluk nie beter uitgebeeld het nie.)

  3. Nice man! :)

  4. Lam – jy’s amazing!

    George – pheeeeuw, thanks!

  5. Ek hoef nie die vorms in te vul nie. My sterk punt is passie. My swak punt is wanneer ek die passie verkeerd kanaliseer.

Leave a Reply