HOOR HIER
Na aanleiding van Johan Swarts se inskrywing, sal ek julle vyf dinge vertel wat julle nie oor die Lammervanger geweet het nie. Hoor net hier.

Â
1.    Die internasionale GMT klok word volgens die Lammervanger se asemhaling gereguleer (en soos julle seker sou besef, is die Lammervanger se asem – selfs in die angswekkendste situasies – ten alle tye ewewigtig). Â
2.    Die Lammervanger het twee groottone aan elke voet – ‘n teken van versnelde evolusionêre ontwikkeling. Â
3.    Anders as Simson, verdubbel die Lammervanger se krag en die kapasiteit van sy harsings wanneer hy sy hare knip. (Hoe anders dink julle sou hy by die wenantwoord kon uitkom?)Â
4.    Die Lammervanger het Sjinees leer praat en skryf terwyl hy nog in die baarmoeder was. Â
5.    Die Lammervanger se poep stink nie. Â
 (Vir agtergrond oor die skynbare waansin, lees hier. En onthou om jou eie lofgesange in te stuur – die sluitingsdatum kruip nader.)




Ek kan nie wag om te sien hoe gatvol die mense is na hierdie week van lofprysing nie.
ek sou eerder dog die lammervanger se poep is dodelik, maar dis seker net ek
wanneer is daai sluitingsdatum?
MOre sal die sewende dag wees, nE?