KYK HOE KYK HY VIR MY!
 Enigeen wat na ʼn restaurant gaan, hoop dat die bestanddele in die geregte vars is. Maar, is daar so iets soos té vars?Â
 Â
In Chiayi provinsie in die suide van Taiwan het die publiek onlangs besluit dat daar wel grense is aan hoe vars die kos op hulle borde moet wees. Die tradisionele yin-yang-vis is van ʼn spyskaart by ʼn gewilde tradisionele restaurant verwyder nadat die publiek en diereregtegroepe kapsie gemaak het teen die wrede wyse waarop die vis doodgemaak word. Â
Die dis, wat ook die dood-en-lewendige vis genoem word, voor voorberei deur ʼn lewendige vis in ʼn soet-suur marinade te doop en dan die lyf in kokende olie te braai terwyl die kop bo die olie uitsteek. Wanneer die vis bedien word, is die lyf dus gaar terwyl die kop nog beweeg en die bek selfs nog vir water hap.  Â
Die dis het sy oorsprong in Taiwan ongeveer dertig jaar gelede, gedurende die ekonomiese depressie toe restaurante aan allerhande innoverende maniere moes dink om klante te behou. Tans word die dis ook al hoe meer gewild in Sjina waar kokke graag wil beïndruk met hulle kookvernuf en die varsheid van hulle produkte. Een so sjef sê spoed is die groot geheim met hierde gereg – wanneer jy die vis voorberei moet jy versigtig wees om nie die interne organe te vernietig nie. Dan kan die vis vir tot dertig minute nog leef nadat dit gaargemaak is. Â
In Taiwan is daar baie min sjefs wat nog bereid is om hierdie dis voor te berei. Wang Po-yu, die hoofsjef by ʼn spesialiteitsrestaurant in Taoyuan, sê geeneen van sy kokke is gewillig om weer die yin-yang dis te bedien nie. Hy sê, selfs al is daar ʼn spesifieke versoek van ʼn klant sal hy dit van die hand wys. Hy voel die dis is ʼn wreedaardige gereg wat ander klante se aptyt kan bederf. Â
Huang Wen-hsieh, ‘n regeringsamptenaar wat klagtes oor dié dis moet aanhoor, sê dis verseker eksoties, maar hoe kan jy oor jou hart kry om aan iets te eet en die vleis te sluk terwyl sy lewendige oog nog na jou terugstaar?Â
Die dis is aan die owerhede gerapporteer, maar die restaurant is nie gepenaliseer nie, omdat die karp wat vir die gereg gebruik word nie as ʼn bedreigde spesie gelys is nie.Â




Ek het nog net lewendige miere geëet toe ek klein was, seker omdat Dirkie in Jamie Uys se fliek miere moes eet. Die verskil is hy het rysmiere geëeet en ek swart miere – hulle smaak suurderig. Hoe smaak rysmiere?
Aaargh! Yuk! Wêg! Wonder wat kos so ‘n dis?
Ek eet nie afval nie omdat die oog vir my gekyk het toe dit die eerste keer voor my neergesit is. Ek eet niks wat dalk vir my kan kyk of stert kan swaai nie. Dit moet baie beslis morsdood wees. Die visstorie laat my aan ‘n ander grieselrige “eksotiese” aapstorie dink…. weet jy daarvan en is dit waar?
Die Sjinese verskuif die kulinere grense. Die ergste hier in Korea, is maar bloot “sannakchi”: ‘n lewendige baba-seekatjie, wat in stukkies opgesny word op jou bord en dan eet jy die wriemelende stukkies tentakels saam met ‘n rissie-sous. Blykbaar gevaarlik – ‘n paar mense het al versmoor, as van die suiers aan die tentakels halfpad af in hulle slukpyp vassuig…
En ek het altyd gedink die oosterlinge is meer beskaafd as ons westerlinge. Nou twyfel ek weer. Dan is daar seker ‘n verskil tussen beskaafd wees en humane wees.
Vieslik (ook vir die sannakchi).
MKOB – sover ek kan onthou, proe rysmiere soos grondboontjiebotter.
Diva – geen idee hoeveel dit kos nie – ek het ok gewonder – sal probeer uitvind.
Jo-Ann – praat jy van aapbrein eet terwyl die aap nog lewe? Ek het ook al daarvan gehoor, maar sover ek weet is dit gelukkig nou orals in die Ooste onwettig.
BiB- sannakchi is net so erg! Eeeuuk!
Nico – as daar nou een waardevolle ding is wat ek in die Ooste geleer het, is dit om nie so geredelik met die woord “beskaafd” om te gaan nie. Ons westerse uitkyk is erg beperk en ’smalsinnig’
George – ditto!
Boertjie – daar was al ‘n CSI episode oor daai einste sannakchi gereg! Ek was amper dood van gril!!
Idi – ek begin al hoe meer oorweeg om eerder NIE die Ooste te besoek nie!
Lanklaas het ‘n post my so aan die wonder: hoekom gril ons daarvoor? Net omdat dit lewendig is? (Ons weet tog uit ons biologie dae dat die vis nie kan voel nie). Hoekom gril ons nie om ‘n dier dood te maak voor ons dit eet nie. Veral ‘n dier wat ‘n ingewikkelder senuweesisteem het. Ek dink ons gril omdat dit ons aan ons eie barbaarsheid herinner. En nee, ek sou nie die dis wou eet nie. En ek sou highly disgusted wees as ek aan ‘n tafel sit waar iemand dit bestel. En nee, ek is nie ‘n vegetarier nie. Maar ek wonder skielik of my eie vleisetende tande nie maar nog suggesties van barbaarsheid is nie.
RenE – net soos sekere dinge jou erg sal laat gril, net so sal baie ander dinge jou asem wegslaan van verwondering. Dis definitief die moeite werd om die Ooste te besoek.
Oppietrap – Dit het my ook van voor af daaroor laat wonder. En ek het dieselfde gevolgtrekking gemaak. Ek dink dit herinner ons aan die wildheid wat maar nog vlak onder ons gepoetsde oordentlikheid vassit.
cool post – sou jy ooit een van daai spartelende vissies nuttig?
Ciekawy blog, dodalem go do ulubionych, bede tu wpadal czesciej