VERGELDING
Hiérdie oulike inskrywing het my laat dink aan hiérdie gedoemde vliesvleuelige insek wat ek op ‘n sonnige middag nie lank gelede nie uit ‘n swembad met ‘n blaar probeer red het.
My poging was tevergeefs. Chloorvergiftiging en ‘n gebreekte borsstuksteel was seker haar lot omdat sy een te veel kewerlarwes met haar angel verlam het om haar eiers in die sagte sappigheid te versaak.




Ag nee! Ek het gedog ek het die probleem opgelos deur die inskrywing direk in Windows Live Writer te skryf, maar sodra ek dit in WordPress publish verskyn die karaktertjies alweer. #&^$@*!
In die oomblik van die insek se laaste asems kon jy darem sy skoonheid vasvang in ‘n ongelooflike mooi kiekie.. Wel gedaan!
Agge sjame… Ek moet sê ek is nie gek oor enige insek met ‘n angel nie, maar jy laat haar so mooi klink (en dit is ‘n pragtige foto)
my live writer wil nie eers publiseer nie. blugh.
Is speltoets die grootste rede hoekom jy iets anders as WordPress se online editor wil gebruik? Ek maak gou ‘n post oor hoe om online afrikaanse speltoets te kry.
Vreemd hoe ek bereid is om aan allerande vlieende goed te vat om hulle uit ‘n swembad te red, maar wanneer hulle op droee land is, nie eers met ‘n blaar aan hulle wil raak nie. Is dit dalk ‘n oervorm van compassion?
Ek is bang vir alle insekte en spinnekoppe, behalwe skoenlappers..
Mooi foto, soos altyd. Ek’s jammer jy raak nie van die hierogliewe ontslae nie.
Wat ek eintlik wou se: Ek het eenkeer ‘n muis uit ‘n swembad gered. Hy (of sy?) het my op die duim gebyt en ek moes gevolglik ‘n klem-in-die-kaak inspuiting kry. Die volgende muis of rot moet maar verdrink!
PZ – nee, die speltoetser is nie die enigste rede nie. WordPress mors geweldig met my uitleg wanneer ek publiseer. Al die paragrawe spring op ‘n hoop en die foto’s is orals waar ek hulle nie wil hE nie. As ek WLW gebruik word alles baie mooi gepubliseer, maar dan kry ek die donnerse vraagtekens en Koreaanse karakters!
Wat ‘n briljante stukkie skryfwerk! Is die foto’s joune? Ek kan nie wag vir jou koffietafelboek nie.
Die comment was eintlik vir kuberkontak – finger trouble!
Idiwidi – weet jy nê, elke keer as ek op jou blog kom kuier, is dit ‘n WOW-experience! Ek wou en moes dit al lankal vir jou sê! Jy is ‘n baie interessante en nice mens (met of sonder kappies en leestekens) – ek hoop Skatlam waardeer en bederf jou baie!
Ek stuur vandag vir jou ‘n stywe “boere-niggie” drukkie uit ‘n bibberende koue Kaap! Rxx
Ek stem saam. Jy is BAAAAIE oulik en baie ander dinge ook.
XXXXXXXXXxx
Haai julle, baie dankie. René, as ek kon sou ek enige dag vir julle ‘n bietjie van Taiwan se bedompigheid in ‘n klomp gehekelde sokkies aanstuur vir die koue. Maar elke keer as ek hoor hoe julle bibber dan is ek eerder dankbaar vir die hitte.
Dankie vir julle komplimente. Amanda, die Skatlam is die inwonende fotograaf wat baie van die foto’s op my blog neem. Maar ‘n paar van die foto’s in Kuberkontak is op ander plekke geleen.