AS JY JOU KAARTE REG SPEEL
Sy is tans in haar sestigs. Maar sy voel veel jonger as haar jare. En dis alles te danke aan kanker. Vir dié Taiwannese vrou was ’n kaartspel met die dood die beste manier om haar weer lewendig te laat voel.
Toe sy ses en veertig jaar oud was, het sy skielik siek geword. Die dokter se diagnose was terminale ongesteldheid en hy het haar meegedeel dat al wat hy vir haar kan doen, is om die doodsvonnis vir ‘n paar weke op te skort. Sy het ‘n vrot hand gehad en was vinnig oppad om die rondte teen die dood te verloor.
En uiteindelik, na ‘n kort siekbed, het die dokter die doodsertifikaat geteken en die familie aangesê om solank die begrafnisreëlings te tref.
Volgens Taiwannese instelling is die lyk vir ‘n paar dae in die familiehuis bewaar terwyl daar dag en nag gewaak en verskeie seremonies deur tempelpriesters uitgevoer is sodat die afgestorwene se uittog na die hiernamaals glad kan verloop. Al die belangrike rituele wat verhoed dat haar gees vashaak in die grys area tussen die tydelike en die ewige is noukeurig afgehandel.
Op die derde dag was haar vriende en familie en veral die tempel se sieleherder dus geskok om die vrou weer springlewendig in haar bed aan te tref. Die vrou se gees het besluit om haar laaste troefkaart te speel en die vaart na die ewigheid vir ‘n wyle uit te stel om na haar liggaam terug te keer. Of so het hulle gedink.
Vandat sy weer wakker geword het, was sy egter nooit weer dieselfde nie. Sy kon geeneen van haar besorgde vriende en familie herken of haar eie naam onthou nie. Sy het geen idee gehad hoe sy in Taiwan, in daardie vreemde huis, en in daardie vreemde liggaam beland het nie. Sy het aangedring dat sy eintlik sewentien jaar oud en van die eiland Kinmen afkomstig is.
Almal was verward. Niemand het geweet wat om van die storie te maak nie. Miskien het sy breinskade opgedoen tydens haar siekbed, het hulle gedink. Maar dit was onwaarskynlik, want behalwe vir haar vreemde stories, was die voorheen ongeletterde vrou skielik vaardig in die lees en skryf van Sjinese karakters en bekwaam in verskeie bevoegdhede waarvan sy voorheen geen kennis gehad het nie.
Haar laaste herinnering voordat sy in die vreemde bed wakker geword het, was op ‘n boot oppad na Taiwan van die eiland Kinmen af. Daar het iemand haar blykbaar per ongeluk oor die rand van die boot gestamp.
Uiteindelik het sy haar nuwe familie oortuig om die feite na te gaan en die ander gesin in Kinmen te gaan opsoek. En sowaar, daar was wel so ‘n meisie wat kort tevore in die see tussen Taiwan en Jinmen verdrink het. Haar gees wou blykbaar nie aanvaar dat die lewensspel verby is nie, en het toe ‘n ander liggaam gaan soek om te bewoon.
Ongeveer twintig jaar het sedertdien verloop. Sy onthou steeds hoe groot die skok was toe sy besef het dat haar jong tienerliggaam verruil is vir ‘n middeljarige vrou s’n. Die vrou sê dat hoewel sy dankbaar is om nog te lewe, is sy elke dag daarvan bewus dat sy omtrent dertig jaar van haar lewe gemis het. Ten minste kan sy nou sê dat sy die dood in ‘n kaartspel gekul het.
(Hierdie is ‘n ware verhaal wat onlangs in die Sjinese koerante verskyn het. Is so iets moontlik?)




Not bloody likely!
Nee, ek glo dit ook nie.
Van sulke dinge weet ek niks. Dit klink soos ‘n mystery movie.
Baie interessant. Werklik. En absoluut unreal. Ek sou nogal graag ‘n verklaring hiervoor wou hoor. Ek kan dit net eenvoudig nie glo nie!
ek dink hulle skiet spek!!
Ek is besig om Sylvia Browne se boeke te lees, het ook al encounters of the unknown gelees…so ek se nie dit kan nie gebeur nie! Volgens my is niks onmoontlik nie, het al baie gelees van soortgelyke gevalle, of mense wat gehipnotiseer is en dan vertel van hulle vorige lewens, en toe die mense navorsing gaan doen het hulle gevind dat alles waar is. So eerlik, ek is een van die “weird” mense wat glo aan reinkarnasie… dis net eienaardig dat haar gees ‘n ouer persoon se liggaam gekies het en nie ‘n pasgebore baba s’n nie. Meeste mense word nie dadelik gereinkarneer nie, jou gees gaan eers na die anderkant toe, hemel, as jy dit so wil noem. Behalwe die “evil” mense, hulle word dadelik weer gereinkarneer om van vooraf die paadjie te loop en hulle lewenslesse te leer. Wel…dalk het sy nog net paar goedjies gehad om reg te stel, daarom dalk ‘n ouer persoon se liggaam…wie weet?
Ek dink soms is niks in die Verre Ooste onmoontlik nie. Daar was nou die dag ‘n berig oor ‘n Sjinees wat sy gesondheid toeskryf aan die eet van lewendige paddas! Dan bly ek maar eerder ongesond.
Dis maar weer die geval van niemand het nog oortuigend genoeg uit die dood teruggekom om ons mooi te vertel wat in die lewe hierna gebeur nie. Hulle sê nie mooi hoe die besonderhede van die ander gesin nagegaan is nie: Het sy hulle name en adres gegee, of het hulle gesoek vir ‘n gesin met ‘n dogter wat verdrink het?
Sylvia Brown!!?!! Ag asseblief tog, moenie dat ek begin vloek nie. Dan kan jy net sowel glo Harry Potter is die waarheid. Enige iemand kan ‘n boek skryf, dit beteken nie dis waar nie. Jy glo seker alles in die Huisgenoot ook?!
Dis nie moontlik nie. Punt.
Kan jy bewys dat dit nie waar is nie Pink Zuit?
Some things are true wether you believe in it, or not!
ek ken geen siel wat heel tevrede is met die se eie lyf nie maar so na en voor die dood se chop and change dink ek is verbeeldingryke buldrolle al is dit hoe oosters . hoekom is vreemde kulture altyd so eksoties vir die buitestanders ?
In wetenskap, en in meestal in regte, is die bewys-las op die party wat ‘n stelling maak. Sylvia Brown weier om haar stellings of “magte” te bewys. Juis omdat sy dan as ‘n leuenaar blootgestel sal word. Lees bietjie hier:
http://www.stopsylviabrowne.com/home/
http://www.randi.org/sylvia/index.html
http://en.wikipedia.org/wiki/Sylvia_Browne
http://www.corporatenarc.com/sylviabrownescam.php
http://www.muskogeephoenix.com/entertainment/local_story_025190140.html?keyword=secondarystory
Johan, ek voel eerder so: Dis nie moontlik nie. Komma.
Sulke stories kom geweldig baie voor in Taiwan. Dit word nie eers as vreemd gesien nie. Die bonatuurlike is hier nie so ver ‘bo’ die natuurlike soos dit gewoonlik in ons samelewing is nie.
Ek dink realiteit is ‘n selfgemaakte konsep. Daarom is ek bereid om te erken dat daar verskillende maniere is om realiteit te ervaar, en dat selfs ‘n kollektiewe realiteit geskep kan word en smeebaar is deur ‘n algemene konsensus oor wat moontlik is.
Idiwidi – dis eintlik hoe ek ook voel. As ek sê dis nie moontlik nie, bedoel ek: dis nie wetenskaplik moontlik nie. Dit pas nie in ‘n wetenskaplike wêreldbeeld nie. (As jy jou kar na die mechanic neem as dit breek ipv om daarvoor te bid, kan jy dit nie moontlik ag nie.)
Dit beteken nog nie dis onmoontlik nie.
(Hel, jy kan hierdie comment in sy glorie in dekonstrueer…)
[...] As jy wonder hoe dit werk Met apologie aan Idiwidi [...]
As jy wonder hoe dit werk « Johan Swarts se bl0g said this on 3 Augustus 2007 at 6:59 nm |
Jammer om dit aan almal te doen, maar wonderwerke gebeur helaas nie. Per definisie.
Dankie, Pink Z, Ek het oor Sylvia Brown gelees en ek is baie skepties en versigtig.
Dit is crazy. Ek mis die nuus in Taiwan. ‘n Vriend van my se oupa het wakker geword na dood verklaar is in die hospitaal. Hy het vir ‘n paar uur nog asem gehaal op masjiene, maar na ‘n paar uur is alles gestop. Crazy.
mm… strange.