BELANGRIKE AANKONDIGING!
Aandag! Achtung! Attention! Zhu Yi!
Die Bestuur rig hiermee ‘n vriendelike versoek aan alle Sjinese dames om asseblief publieke ablusiefasiliteite in ‘n skaflike toestand agter te laat nadat jy jou besigheid gedoen het. Die Bestuur verstaan ten volle dat jy nie direk op ‘n publieke toilet wil sit nie, maar wil tog voorstel dat jy die mannetjieskatagtige sproei of die skoensoolmerke wat jy agterlaat nadat jy oor die ring gehurk het, met ‘n tissue afvee. Dit is tog net goeie maniere.
Gevalle van spontane toiletverdwynings word al hoe meer gerapporteer, skynbaar as gevolg van toilette se ontevredenheid met die stand van sake. Een so ‘n toilet is onlangs in ‘n veld langs die pad gevind waar dit stadig maar seker oppad was na die Taoyuan internasionale lughawe. In ‘n eksklusiewe onderhoud het die toilet vertel dat dit net mooi gatvol is vir die mishandeling deur Sjinese dames en wil na Japan verhuis waar toilette altyd met higiEne respek behandel word.
Verder wil die Bestuur ook ‘n petisie rig dat elke Sjinese dame voorts asseblief regopper stap, groter tree gee (trippel lyk so simpel), minder klouerig langs ‘n mansvriend stap, die gebruik van ‘n skril babastem summier afleer, meer eet sodat jy minder soos ‘n tienjarige lyk, en asseblief ‘n driewiel aanskaf indien jy nie daarvan hou om jou motorfiets genoeg vet te gee nie.
Die Bestuur het gesorg dat surrogaat werwels deser dae teen halfprys by alle afdelingswinkels beskikbaar sal wees - almal wat ruggraatloos deur die lewe gaan, word genoodsaak om van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak.
Die Bestuur sal ongelukkig moet optree ten gunste van die goeie naam van elke ander vrou met ‘n persoonlikheid indien hierdie versoeke verontagsaam word. Daar is reeds voorstelle ingedien vir ‘n Naziaanse gaskamer vir oortreders.
Dankie, u samewerking word waardeer.
Xie-xie ni de hezuo.
DIE BESTUUR
(Die Bestuur bedank idiwidi en diewitdraak vir die geleentheid om hierdie webtuiste te gebruik vir die belangrike afkondiging. Die Bestuur besef dat dit nie werklik hulle styl is om negatief en klaerig te wees nie en vra om verskoning vir ‘n moontlike wysiging in stemming.)




Ek is moerse verlig om te hoor dit gaan so disgusting in die vrouetoilette ook.
Dit laat my nou dink aan die Stappers Leuse - “Neem slegs foto’s en los slegs voetspore”. Iets wat jou op twee vlakke in baie moeilikheid sal laat beland indien uitgeleef in publieke badkamers.
Ek kan nie anders as om met die bestuur te verskil nie.
Liefs trippel as om soos ‘n honger boer voort te vaar. Liefs minder eet as om vir twee te eet. Liefs klouerig as neus in die lug. Liefs babastem as bombastiese barbaar. En ja, liefs effe stadiger as al weer in die hospitaal.
Soos Sannie vir Jannie gese het toe hy die boom water gee … “Now that’s ‘n handy thing to bring with on a picnic!”
Klein-ondervoede-trippelende-skrilstem-klouerige vrouetjies wat skeef piepie en skoensoolmerke op toilette los….. jy moet SO uitstaan in daai crowd!! Whahahaha!!!
Van die os op die jas, het jy nou agtergekom hoe maak mens die laggende gesiggies?
Die “Belangrike Aankondiging”-titel laat my dink aan ‘n ou Jan Spies-storie, van ouens by ‘n garage wat ‘n luidspreker onder-in die gerief gemonteer het, en net sodra ‘n dame so ‘n halfminuut in is, sê hulle deur die luidspreker: “Jammer mevrou, ons werk hier onder in die gat.”
Silwerminter - as jy Klein-ondervoede-trippelende-skrilstem-klouerige vrouetjies wat skeef piepie en skoensoolmerke op toilette los…..” verkies, moet jy eerder vir jou ‘n poedel kry. ‘n Mens hoef nie pateties te wees om jou vroulikheid te behou nie.
Die meeste Sjinese meisies is vir my soos bonsai-mensies - hulle het al die eienskappe van die groot, sterk, onafhanklike weergawes, maar iewers is iets net nie pluis nie. (En hiermee staan ek in die ry na die hel met die bordjie veralgemening om my nek, want ek het wel ‘n hele klomp super-funky onafhanklike kick-ass Sjinese vriendinne wat glad nie is soos die soort wat hier bo vermeld word nie.)
DM Ja, dankie ek dink so.

hoe sal dit wees as die bestuur die bekende kennisgewingsbordjies ook daar aan die binnekant van alle toiletdeure aanbring wat lees - ” We aim to please - You aim too, please ! ” …?
“moet jy eerder vir jou ‘n poedel kry”
woohoo!
real women rule!
Aan: Die Direksie, Idiwidi (Edms) Bpk
Van: Die Voorsitter van die Direksie se Ouditkomitee
2007-10-02
AANBEVELING
Die Ouditkomitee wens Bestuur geluk met die onlangse Ablusieresolusie en Riglyne.
Bestuur se besondere leiding sal die lyding van personeel in ons Latrinedivisie verminder, produkwangebruik uitskakel en die onverwagte emigrasie van toilette teenwerk.
Bestuur se rugbaarmaking van persoonlikheidsdistorsies en gepaardgaande voorstelle is so uitstekend dat die Ouditkomitee ‘n spesiale bonus aanbeveel.
T.o.v die gaskamer stel die Ouditkomitee as eerste gas Mao voor, siende dat hy die stigterslid is van die Free Maosins.
Die uwe
R Greeff
Ja, toe nou.
Ek soek ook nie ‘n preppie pop nie, maar ek soek darem iemand wat ietwat anderse gewoontes en lyftaal as my mans vriende het.
p.s. op ‘n punt van orde: My verhouding met ‘n poedel is soorgelyk aan die verhouding wat Naas Botha met ‘n rugbybal gehad het.
Rhynie, jy’s verskriklik snaaks
Die Bestuur sal maar geduldig wag vir daardie bonus - ons weet mos hoe lank neem papierwerk in so ‘n stelsel.
Silwerminter - gelukkig val meeste vroue in ‘n kategorie tussen die poedel-poppies en die bierbottel-met-my-tande-oopruk-chicks. Ek gee persoonlik nie om in watter kategorie mans of vrouens val nie - solank hulle net ‘n bietjie persoonlikheid en tekens van ‘n ruggraat toon (en natuurlik goeie toiletmaniere het).
Haha! Hillarious! Ek het dit baie geniet!
[...] ek nie al voorheen iets geskryf oor ontevrede toilette [...]