CUPCAKE KINDERS
Kinders van Suid-Afrika. Kinders van my hart. Ons het vir julle cupcakes gebak vir Kersfees. Cupcakes vir Kersfees en ‘n splinternuwe jaar.
Ek het smarties en ‘n R2 in die deeg gegooi - passop vir tande breek of insluk. Ons het dit gaan aflaai by ‘n sinkdak en die verbaasde tannie het verbouereerd belowe dat sy vir julle tussen die rommel en hopelose dronklappe sal gaan roep. Ek hoop maar julle’t dit gekry.
Kinders van Suid-Afrika. Hou aan droom.




Baie mooi gedagte van jou, en die foto’s van die kinderjies is pragtig - laat mens voel daar is ‘n toekoms!
Daardie een met die smarties lyk lekker.
laat die helder kleure in hierdie reenboog-fotobeelde en die liefdevolle gebaar van onbaatsugtige gee-en-gee dan ook die harte aanraak van al die grootmense wat na die kleuters moet omsien.
dan sal ons almal in die toekoms hier tuis kan wees.
Jippeee! Jy is terug.
As jy weer die rigting kom, wil ek ook een van daai cupcakes hĂȘ.
yup, lekker om jou terug te lees.
Dit is vreeslik inspiring. Baie-baie.
Sal ons dan 2008 die jaar van kinders maak?! Van goed wees vir kinders, kyk na kinders, optree as ons sien kinders word mishandel en sommer net weer ons eie kinders waardeer!
Die afgelope paar dae is daar op verskeie blogs oor kinders geskryf, so ek dink daar is ‘n bewustheid ten opsigte van kinders hier aan die begin van ‘n nuwe jaar. Toeval kan dit nie net wees nie.
Kom ons treasure ons kinders, maak nie saak of hulle bloed van ons bloed is nie.