header image
 

TRAP!

 

IMG_1747

Dit suig.

Om

op

‘n

hart

te

trap.

Want hoe meer dit snik en hyg en kreun

en smekend onder jou wrede voet steun,

hoe stiller raak die stemme in jou kop.

En hoe dieper krimp jou eie hart

in

sy

sieklike

bros

dop

op.

Dit suig om op ‘n hart te trap.

Dit suig van al die bloed en gwhel,

slurpend onder sool en vel.

Jy’t nooit bedoel om in die stap

jou voet so hard

neer

te

stamp

nie.

Dit moes nooit in soveel stukke breek,

en selfs in poele bloed geweek,

so hartverskeurend aanhou glo

dat daardie wrede, wrede voet van bo

miskien maar net ‘n slaaf

van

swaar

te

krag

is

nie.  

IMG_1748

~ by idiwidi on 8 January 2008.

21 Responses to “TRAP!”

  1. Hi Idiwidi,
    Eerste keer dat ek ‘n boodskap op jou blog los. Jou gedig het my laat huil. Dit is ontsettend mooi … en hartseer. Ek wens vir jou dat dit gou beter sal gaan… Sulke vlak woorde, maar ek hoop jy weet wat ek bedoel. Die sonnetjie skyn vandag in Stellenbosch.

  2. Swaartekrag, eina, ek wens ek kan nou my skoene uittrek! (Nog nie seker of ek alles mooi verstaan nie.)

  3. Partykeer is daar net eenvoudig nie ‘n nice manier om iets te doen nie. Dis gewoonlik beter om dit vinnig en klaar te doen as om dit halfpad te doen en dan te kyk wat onder jou skoen vassit. Dis net soooo moeilik. Goed gestel.

  4. Mens bedoelings… mens aksies…

    Wie moet sterk wees? Die een wat moet trap, of die hart wat perongeluk getrap word, of dalk juis smeek om getrap te word? En wie leer die meeste uit die ervaring? Wie het die balk, en wie het die splinter?

    Um, ja, al wat ek kan sê is “sterkte”, ek weet mos nie juis wat om my aangaan nie. ;-)

  5. Mens se hart verdien nie om getrap te word nie. Trap maak seer en jou gedig herinner daaraan.

  6. die onvermydelike getrappery kom regtig nie opsetlik voor nie.
    ‘n uitstaande pre-sentasie van emosie met woorde en beeld !
    die hartseer opgesom in “trap!”- metafoor vir “skelle afskeid” ?

  7. “Jy’t nooit bedoel om in die stap jou voet so hard neer te stamp nie. Dit moes nooit in soveel stukke breek…”

    Jou gedig praat met my, ‘n seer wat ek op die oomblik so goed verstaan . . .

    Ek stem saam met Izak.

    Dis my eerste besoek aan jou blog, verseker nie my laaste. Ek hou van wat ek hier gevind het!

  8. Genugtig. Wie’t op jou getrap? (Of op wie’t jy getrap?)

  9. Hartseer maar ongelooflik mooi geskryf.

  10. Hallo almal. Dankie vir julle woorde. Met tyd sal ek dinge seker meer duidelik kan uitdruk, maar op die oomblik volstaan ek maar by vae verwysings na bloed en ghwel. Jammmer dat ek so min by julle blogs uitkom - my tyd op die internet is nog redelik beperk. Ek sien daar is ‘n hele swetterjoel nuwe bloggers. Ek hoop ek kan julle sites ook binnekort begin explore.

  11. As David Kramer sing “ons manne was rof in die ou dae”, dink ek dis nie ‘n patch op hoe ons baklei het as kinders nie. Ek weet o.a. presies hoe dit voel om gewurg (en amper verwurg) te word. Ek wonder of dit omtrent dieselfde voel as mens se hart vasgetrap word.

  12. Besondere tone.

  13. Iets om jou op te beur: http://oubaas.com/2007/12/19/your-pain/

  14. Nice voetjies! Hoop jy voel gou beter.

  15. ek voel ek kan jou woorde vandag om my vou opkrul en gaan lê… dis pragtig en nou tjank ek…

  16. Mis jou hier in die blogosfeer en sterkte (indien jy dit nodig het…).

  17. (…van ons almal.)

  18. hello?
    wat gaan aan?

  19. Dit is so vreeslik mooi!! Baie dankie!

  20. [...] 3. http://idiwidi.wordpress.com/2008/01/08/trap/ [...]

  21. [...] Idiwidi se Trap; [...]

Leave a Reply