header image
 

Pendulum

 

IMG_1958

 

Ek voel hoe die pendulum momentum verloor.

Dit raak nou omdraaityd.

My hart se punt rem suid.

My hart se punt rem suid.

 

In die enkele oomblikke van stilstand voor die rigting weer verander,

erken ek in die gespanne verposing die weerstand,

aarselende afwagting,

vir dit wat onkeerbaar kom.

 

Seldsame stagnasie - ‘n stille voorbode -  

word die teruggehoue perdekrag vir verandering.

En dan skielik, oor die rand van tyd se glyplank -

beweging hersien, ‘n wending.

 

Eers versigtig dan versnel-

die pendulum meteens weer in volle swang.

 

Skynbaar onkeerbaar, vry soos ‘n voEl

wat nie weet van die onsigbare lugstroom

wat binnekort weer teen bors sal stuit nie.

VoEl word golf, gevangene van ‘n ewige reelmatige deining -

nie hier nog daar -

altyd onseker,

‘n vrye gyselaar

altyd aan’t omdraai of wegdraai.

 

Ek voel hoe die pendulum momentum verloor

en die gety pluk-pluk paai. Ek val terug.

My hart se punt rem suid.

My hart se punt rek uit.

 

IMG_1942 

Nou goed dan. Genoeg is genoeg. Van nou af sal ek nie meer so baie wroeg nie. Darem nou en dan ‘n bietjie afwisseling verskaf. Hoop dit gaan nog goed met al die funky virtuele mense hier op die blogosfeer?

 

~ by idiwidi on 30 January 2008.

12 Responses to “Pendulum”

  1. Bly om jou terug te sien! Ek het sulke foto’s op die plaas by Kenhardt geneem, net van bietjie verder af, die klien klippies daarop lyk omtrent nes jou sandkorreltjies, en daar is sulke klein pers blommetjies. My hart se punt rem ook suid!

  2. Uiteindelik! Welkom terug! Dankie vir die mooi woorde en twee pragtige pics! 8)

  3. bly jy het jou pad terug na die blog wereld gevind… pratige woorde soos altyd, trek so lekker aan die hart snare.

  4. Wroeg gerus voort! Solank jy net nie weer in die kuberniet verdwyn nie.

  5. Mag jy uiteindelik die geesgenoot raakloop wat die betekenis van hierdie TAAL van jou hart kan verstaan, waardeer,met jou kan deel en daardeur oorrompel word.

  6. Ek laaik jou woord, George. Taal word geskep op jou blog, Idiwidi!

  7. suidpunthart.
    mag jou beelde en woorde inslag vind
    en die hartsnare so aanhou roer.
    hier of daar of waarookal.
    jy kliek en skribbel
    puik puik puik !

  8. dit lyk kompleet soos die berg by Kleinmond !

  9. Isak, ek hou sommer baie van kliek en skribbel, maar deesdae is ek bietjie versigtiger. Net so klein bietjie…LOL

    Jou woorde streel my vrese tot bedaring

  10. Dis lekker om weer hier te lees.

  11. goed, dankie

  12. En nou Johan?

    Mieliepap, dis inderdaad Kleinmond. Wat ‘n beautiful middag was dit nie!

    Julle ander - ek kan nie daaroor kom hoe oulik julle is nie.

Leave a Reply