FLOPS EN VERSKONINGS
Nog ‘n verskoning vir die stoflaag wat deesdae op hierdie blog vorm, is dat diewitdraak amper meer in die lug as op die land is. Sy vlieg rond soos ‘n posduif wie se eier langs ‘n magneet uitgebroei het.
As ek so rondbeweeg vir besigheid neem ek omtrent glad nie foto’s nie. Ek probeer seker te hard om aan te pas by die veranderende temperature of sukkel te veel om somme te maak tussen die geldeenhede. En buitendien sien ek in elk geval dikwels nie veel meer as die binnekant van ‘n kantoor nie. Maar, in Vietnam was dinge ‘n bietjie rustiger en gelukkig was dit ook lekker warm en als is so goedkoop dat ek nie te veel gebodder het met die maal en deel nie. My kamera is dus vir ‘n slag afgestof.
Hier is ‘n paar flops wat eintlik heel funky is.
GeseEnde Paasnaweek!




Pragtige foto’s soos altyd, party wat strewe na skildery-wees! Geniet jou naweek verder.
Jinne, die laaste twee lyk vir my erg professioneel. Weet nie so lekker van flops nie.
Pragtige foto’s al dink jy dis ‘n flop. Jy laat my nou lekker lus kry om n post te doen oor ons vakansie in Viet Nam. Daardie bromponies van hulle het my omtrent verstom. Miljoene van hulle!
Flops!!!! My bestes lyk nie eers so funky nie. Net bly jy is terug.
hierdie (sg) flopperige fotografie is pragtige abstrakte kunswerke - vergelyk Picasso se flops wat die toets van tyd deurstaan het en boonop aansienlike monetere waarde verkry het.
Bring saam hulde aan Bertus Melk.
Jy weet, ek weet wragtig nie hoekom ek net soms hier insteier nie… maar ek doen en elke keer dink ek hierdie keer gaan ek jou by my fav’s add - en hierdie keer gaan ek regtig!
Die foto’s is waarlik heel intresant!
Nou ja, lekker voorspoedige travels dan!
Ek hou van sulke flops (lees foto’s!). Dit wys dat daar lewe is!! Stunning man! Is lekker om weer van jou te hoor!!
Daai laaste 2 foto’s is flippen nice! Veral die laaste een met die snelle beweging regs en die ou op sy bromponie wat doodstil staan. Stunning!