header image
 

AVONTURE IN KONG HONG

 

IMG_3262

Waar was Diewitdraak onlangs? Sy’t in die toekoms gaan kuier. Die plan was eintlik om Hong Kong toe te gaan, maar toe sy uiteindelik by haar hotelkamer aankom en die gordyn ooptrek, besef sy dat sy duidelik op die verkeerde vliegtuig geklim het. En sowaar, toe sy na die opgefrommelde vertrekkaart in haar handsak kyk, sien sy dat haar reisagent ‘n groot fout gemaak het. Die bestemming wys Kong Hong in plaas van Hong Kong en die arriveerdatum was nie 04/2008 nie, maar 08/4002.

Ai. En sy het regtig nie goed gepak vir so ‘n reis nie. Sy het haar tetristaalversorger by die huis vergeet. So, vir die hele week lank was dit maar moeilik om direk in kleurkode idees te kommunikeer. En dit verg nogal baie inspanning om die ideeblokkies rond te skuif net met gewone breinkrag sonder die hulp van haar getroue oranje breinbrug.

  Woorde is natuurlik heeltemal oorbodig in Kong Hong. Taal is ‘n argaiese konsep in die jaar 4002 en word gesien as ‘n baie onintelligente kommunikasiemiddel. Die uitruil van betekenis is nie eers meer die primere doelwit nie - dit is reeds in die derde millennium uitgefaseer. Deesdae gebeur dit outomaties. Daar word nie tyd gemors om inligting rond te skuif nie, want dis oralom altyd onmiddellik beskikbaar. Dis eerder idees waarmee gewoeker word. Elke gedagte is ‘n skepping wat iewers optimaal moet inpas sodat dit deel kan word van ‘n groter, beter idee. Daarvoor dan die breinblokkies.

IMG_3261

 

 

Dit werk goed, want die blokkies word sommer in die vorm van materiEle kommoditeite verwerk en gelyktydig soos skeepvraghouers deur die wEreld rondbeweeg. Want, hoewel lopende, pratende mense oor die algemeen redelik skaars is in 4002 (die blikbreine regeer nou die aarde), is daar steeds ‘n paar miljoen van hulle wat net nie kon ophou konsumeer nie.

 

 

IMG_3331

 

 

Diewitdraak het min van hulle teEgekom gedurende haar kuier in Kong Hong, maarsy het wel ‘n vinnige besoek afgelE by ‘n plaaslike sentrum waar kriminele gevangenes museumdiens doen deur oudtydse Gucci en Dior handsakke uit te stal.

 

 

 

IMG_3374

 

 

 

Die menslike gesondheidsorgsentrum maak ook van gevangenes gebruik om in bemarkingsveldtogte as voorbeelde van suksesvolle gesondheidsmaatstawwe te posseer. Hierdie man is blykbaar sommer baie groot en gesond.

 

 

 

Die algemene welstand en gesondheid van die mensdom word baie belangrik geag in Kong Hong, want hoewel hulle as onderontwikkelde, agteraf wesens beskou word, is mense steeds noodsaaklik in die produksie van emosies. En natuurlik is emosies alreeds in die jaar 2099 as die mees koste-effektiewe energiebron ingespan, nadat hidro- en sonkrag finaal uitgewerk is.

IMG_3307

Kyk, selfs al is dit reeds die jaar 4002, kan ‘n mens steeds hier en daar spelfoute sien - Op die treinstasie is Kong Hong as Hong Kong aangedui. Sekere dinge verander ook maar bitter stadig.

IMG_3283

Voordat diewitdraak uiteindelik weer op die vliegtuig geklim het om na Hong Kong te vertrek, het sy ‘n oulike versoek van ‘n ene Pilaarman ontvang. Dit word hier bo in tetrisformaat aangedui. As julle blokkietaal kan praat, moet julle maar self uitwerk waaroor dit gaan.

Was enigeen van julle al in Kong Hong of in een van die ander toekomsprovinsies? Watter besienswaardighede sal julle vir diewitdraak kan aanbeveel vir haar volgende besoek?

~ by idiwidi on 11 April 2008.

5 Responses to “AVONTURE IN KONG HONG”

  1. Soos altyd, ‘n cool inskrywing deur een van my gunsteling bloggers! Hopelik sal ek binnekort ook bietjie gaan loer hoe die toekoms in hk lyk!

  2. Lekker om te sien SAFMarine is nog in besigheid in die jaar 4002. :D

  3. Volgende moet diewitdraak dalk ‘n plan maak om te reis na Dakana. Daar is dit glo nou nooit meer sonskyn nie. Dalk kan diewitdraak bietjie gaan vuur spoeg en hitte maak vir die half-mens-half-kat wesens daar ;-)

  4. Ja ou Idee-wie-die! Ek is bly om te sien jy’s terug, en met ‘n vengeance lyk dit my.

    Nee, ek was nog nie in Kong Hong nie, net vir ure in sy lughawe gesit en San Miguel bier drink en gewens ek kan in die stad in. En ook in die tou die enigste mens gewees wat tussen dussende uitgevang word om ‘n termometer in my oor te druk om te soek vir die SARS-virus - hulle kon seker op my gesig sien ek lyk skuldig - my grootste enkele uitgawe is SARS!

  5. As jy ooit in Yew Nork ‘n draai maak, moet jy saam met Pilaarman na die Statue of Lost Liberty gaan kyk ;)

Leave a Reply