header image
 

TOILETHUMOR

 

Almal weet dat die Sjinese maar ‘n vreemde sin vir humor het. Dikwels kinderlik en tergend met ‘n goeie dosis uitskeidingsfiksasie. En dis presies hierdie fiksasie waarop die gewilde toiletrestaurantkettinggroep in Taiwan staatmaak vir die sakke vol geld wat hulle verdien. (Ek dink toiletrestaurantkettinggroep is die langste woord wat nog op hierdie blog gebruik is.)

IMG_3546

Soos julle kan sien, is die tema van hierdie restaurant Toilette en Badkamers. Selfs die gordyne is die Psycho-geinspireerde plastiekweergawes en jy kan kies of jy meer gemaklik bo-op of onder die toiletdeksel sal sit.

IMG_3549

Die kos kom natuurlik in toiletbakke (hoe dan anders) en jy moet maar self besluit of jou maag sterk genoeg is om die hoenderkerrie te bestel.

IMG_3560

Die seekossopbredie is self ook hard op die verbeelding. En so ook die roomys wat in die tradisionele hurktoilet wat meestal in AsiE voorkom, bedien word.

IMG_3563 

Bo alle verwagtinge was die kos eintlik heel aangenaam. Totdat ek vir die eerste keer ‘n draai by die regte badkamer moes maak. Dit was vuil en stink en grillerig. En dit het nie lank geneem voordat my brein ‘n verband getrek het tussen daardie onaangename ervaring en die bak kos voor my nie.

Het ek nie al voorheen iets geskryf oor ontevrede toilette nie?

~ by idiwidi on 15 April 2008.

26 Responses to “TOILETHUMOR”

  1. Ek wou vra as jy na hulle regte badkamer toe gaan of jy dan op ‘n tafel moet ***
    Nee wat, stuur verby!

  2. Hilarious!!!!!! :)

  3. Leon Schuster het seker aandele!

  4. Goeiste nee, ek sou nie daar kon eet nie. Daardie seekos ene lyk vreeslik, asof van die derms stuk-stuk saam uitgekom het.

    Hoe lyk die servette? Is dit toiletrolle?

  5. Dit is baie oorspronklik, maar ek weet nie of my maag sit sal hou nie!

  6. Derms en ingewande draai hier in my kop rond! Ek dink nie ek is meer honger nie.

  7. Mwahahaha, ek’t nou lekker gelag vir die verwysing na die Psycho-stortgordyne.

    (Ek dog jy’s in April permanent terug in SA? Of het ek die kat aan die stert beet?)

  8. (Johan, April is nog nie verby nie… ;)

  9. Wha-ha-ha! Dis vrek snaaks! Moet se dat ek 2keer sou dink om die roomys uit die hurktoilet te eet… Ek haat daai hurktoilette en die goed in volop hier in Korea - ek knyp eerder!

  10. Hier het Mcdonnald’s ook ‘n keer kreatief geraak met die toilette, maar die mense het gou gekla daaroor. http://www.potgooi.nl/?p=277

  11. As die kos sleg is spoel jy dit sommer af? LOL.

    Baie oulik. ek sal dit nogal probeer. Maar bang wees vir die pavlov-effek ….my brein sal dalk inskop sodra ek op die toilet sit en dan sal ek dalk net wil PP.

  12. Nee ganade, ek dink nie my delikate magie sou dit kon hanteer nie! Veral nie na ‘n besoek aan die rerige toilette nie…

  13. agge nee, nou’s ek baie hartseer, want goeie ou “boere” potjiekos sal nou, na hierdie soort blootstelling, vir my nooit weer dieselfde kan wees nie…daar gaan nog ‘n heerlike Bolandse tradisie soos waterblommetjiebredie, down the drain, so to speak.
    eish.

  14. sheez, too much.

  15. Nooit!!

  16. ek is offisieel baie naar.

  17. Huh-uh!!! never nooit as te nimmer ooit kry jy my in daai restaurant nie!!

  18. Is jy nog steeds hier???

  19. Nee, ek is nou pas HIER!

  20. OK ek dink dit kan n onderfinding en n half wees… maar shoe ek bly ver weg van die hoenderkurrie!!!! :shock:

  21. Jinne,
    Dit gee ‘n nuwe betekenis aan “daar is ‘n drol in die drinkwater”

    My maag is nie swak nie, maar ek sal liefs hier verby hou…

  22. Aggenee, man! Wanneer begin jy nou weer blog?

  23. Aggggenee, man ! Waar is jy? Ons mis jou! Jy moet tog noe baie he om oor te blg!!!!

  24. hierdie blogding verorber nogal baie tyd as mens dit so deeglik doen soos die wit drakie se maatjie . so have ‘n hart . sy is besig baie besig met die andedr dinge van die lewe soos werk slaap en uitkom by die dinge wat vir haar regtig saakmaak . dink ek . maar sy dink vir haarself . want sy mag .
    - oomizak het gesprak.

  25. Toets een tswee, een tswee.

  26. Kom tog nou net uit die blErrie toilet asseblief! Waar is jy!?

Leave a Reply