Die choreografie van verliefdheid: ‘n swerm dansende, duikende, dartelende, dol vlerke – ongeïnhibeerd, universeel en kollektief waansinnig.
Aaaah, hulle moes Elbow se uitstekende musikale weergawe van hierdie onbeteuelde natuur-fenomeen (die liefde én die voëls) as klankbaan gebruik het vir die video! Die musiek vang die wisselvallige frenesie so goed vas. ‘n Stille ekstase. Vloeibare spatsels emosie soos ‘n lewende potloodskets. Verruklike tevredenheid.
Indien moontlik, skakel die klank van die eerste video af en kyk daarna terwyl jy na die tweede een luister. Jy sal nie spyt wees nie.
“Verruklik” is nie sommer ‘n woord wat ek maklik rondgooi nie, maar dit was die eerste woord wat by my opgekom het, toe ek die musiek saam met die beeld gekyk het. Dankie.