Ek is verlief op die voorspelbaarheid van jou chaos,
Ek is geanker aan die stad se speke:
Kom haal my vandag,
Kom kou my fyn en spoeg my uit in ‘n straatkafee,
Met ‘n bier in die hand
En tevredenheid taai
Soos ‘n lang dag se stof teen my wang.

Pragtig geskryf!