header image
 

OUmense

dsc06678.JPGOumense is super cool. Ek het altyd my ouma se gekreukelde voete met handeroom ingesmeer terwyl ek met een oog na die kas loer vanwaar die Quality Street beloning sou kom. My oupa het tot die einde toe so vinnig gestap dat almal met ‘n huppeldraf moes byhou. Hy’t ‘n veldhoed gedra en Nike Air tekkies.

 In Taiwan is die oumense ongelooflik. Hier is nie ouetehuise of inrigtings waarheen hulle gepos kan word sodra hulle nie meer lekker kan sien, of wanneer hulle soms per ongeluk hardop poep nie. Hulle hou aan funksioneer totdat hulle wasembleek en wilgerkrom is. Pas kinders op, speel skaak in die parkies, loop in die middel van die pad sonder om te passop vir die besete verkeer… Soms wonder ek of van die oumense wat jy in die strate sien stap nie miskien alreeds dood is sonder dat hulle dit agtergekom het nie.

2 Responses to “OUmense”

  1. Mooi fotos en ‘n interessante inskrywing, maar hierdie OUmense lyk nog nie vir my so erg antiek nie. Miskien dra hierdie mense net hulle ouderdom so goed omdat hulle aktief en aan die gang moet bly.

  2. HELLOOOOOOO, much I’m trying to develop a blog newspaper in which the articles are written by blogger WordPress (or to limit if you do not have time can I you myself when an article by your blog and they to your blog…).
    The blog newspaper was born with the intention to give greater visibility to your blog and the people who search the Web to find articles of greater quality in a single place (having regard to the thousands of blog born every day…). If you go exchange links with blog newspaper contact me as well. I thank you advance and to http://www.giornale.fm soon

Leave a Reply