wie’s diewitdraak
idiwidi
Dis ek. Only me. Saaklik, tog speels. ‘n Private woord-voyeur. Tong in die kies of soms voet in die mond dwaal ek deur die gange van die web en knyp net sporadies aan die boud van een of ander affêre.
Ek is vertroueling van my meester, diewitdraak - ek speel stem vir die stomme kolos. Ek verdedig dié skrander maar skaam gekwetste met my onwaardige dubbelspel op die verhoog van gedagtes.
As dit kon, sou sy self wou praat. In woorde sonder stotter of stamel. Woorde wat raakvat en eg is. Wat sê wat dit bedoel, en die wêreld sê soos hy is.
As sy kon praat of skryf, sou woorde genoeg wees. En ek sou kon rus.

“idiwidi” is ʼn speling tussen die woorde indiwidu en diewitdraak (d.w.d.): “Haal die u uit [indiwidu], want die woord ‘u’ as deel van die woord ‘indiwidu’ mag deur sommige as ʼn toutologie gesien word. Smyt die n uit want dit het nooit regtig in die woord gepas nie. Vervang nou die u met ʼn i sodat ʼn palindroom geskep word met diewitdraak op sy spilpunt. So word diewitdraak die middelpunt van die individu.” - Die Lammervanger




Dankie vir jou kom draaimaak by my plekkie, en die boodskappie daarmee saam. Dit lyk partykeer of mens net aangaan en al wat sotheid is kwytraak hopende op ‘n gehoor wat enige oomblik in luide applous kan uitbars, maar die blikbrein sit net daar…
Voorspoed met die verkoue, goeie raad is om Kool-Aid te snuif, dit help nie juis nie, maar dit laat darem jou snot ‘n heel ent beter smaak!
Groetnis,
Chris van Wyk
Ns. : Het ook ‘n blok by http://www.spaces.msn.com/chrisvanwyk wat eintlik my troetelprojek is…
Wow! Jy’s ‘n treindrywer. Dis befok! Treine is my gunsteling vervoermiddel. Jou videos laat my huistoe verlang.
Hallo, idiwidi.
Die Boer het kom loer na jou interessante opmerkings op Riviersonderend. Jou naam is vir my baie interessant - hoe het jy daarop gekom, as ek mag weet?
Groete,
Nico
Hmmm. Vir my om te weet en vir julle om uit te vind. Ek sal ‘n hele week se inskrywings wei aan lofgesange in die een se naam wat kan reg raai.
I DIe WIt Draak I miskien?
Gevaarlik naby, maar nog nie heeltemal nie.
In Die Wit Draak In?
nope!
In DIe WIt Draak In? Ek is obsessief, ek gaan nie kan ophou tot ek reg is nie.
in diens van die wit draak-i
Nee, ek’s bevrees julle’s nog verkeerd. Maar moet asseblief nie julle koppe te veel hieroor breek nie - ek is bang julle boikot my as julle uitvind hoe simpel dit regtig is. (En natuurlik vrees ek ‘n week lank se lofgesange…
Jy is BAAAAAIE oulik en BAAAAIE snaaks en BAAAAAIE MOOI!!!!!!!!. Ek LOOOVE jou !!!!!!!!!! Jou Mamma
In daai rigting - maar dis vir my baie oulik dat dit een van daardie woorde/name is wat dieselfde lees van agter af vorentoe. Dit tref my nou die aand toe ek… toemaar. Wat noem mens sulke woorde nou weer? Dis nie anagramme nie. Kan nie glo ek kom nie op die regte woord nie!!! Anyway, die feit dat dit so is, is diep en ek dink dit is opsetlik so,
Die misterie is uiteindelik opgelos. Sien die aanhaling van Die Lammervanger hier bo.
Ek geniet dit alles.Van jou oom ver in Suid-Amerika. Hou so aan.
Ek geniet dit ook. Maar ek is nie jou oom nie maar wel ver maar steeds in Suid-Afrika. johannes coetzee
Ek en jou oom kan dalk verlangs familie wees. dalk ‘n afstammeling van uit die bloedlyn van gam… of dalk van sem…? ek wonder tog wat was hulle vanne? Dalk … van Ark
Johannes - uit die eksentrieke, hardkoppige, effens waansinnige streep wat ek nou al in jou kommentaar gewaar het, sal ek nie verbaas wees as jy iewers in dieselfde Coetzee lyn hoort nie. Daar is ‘n hele klomp weirdo’s in my familie - ek seker inkluis.
Idi, ek het gerugte (by taamlik betroubare bronne) gehoor dat jy for keeps terug is SA toe. Is dit waar ?
Mieliepap, amper, baie amper.