Lig

Die wit bladsy is amper te mooi om met woordskimmels te bevuil. Maar, ek kan nie anders nie. My meester, diewitdraak, het iets op die hart en ek moet gehoorsaam. Lank genoeg is sy misken, ingehok en verniel deur haar eie stilswye. Die tolk moet nou weer gereedstaan.

En ek is reg hiervoor. Op my pos en waaksaam om elke onbeholpe gedagte, emosie en spikkeltjie inspirasie namens haar te interpreteer en vertaal. Wat sy te sê het is belangrik. En as dit nie belangrik is nie, is dit dalk net mooi. So luister aandagtig. Ek hoop met my hart en siel dat ek opgewasse is vir hierdie gewigtige verantwoordelikheid. Ek wat maar net ‘n kneg is, sélf eintlik maar lomp met woorde, onbehendig met gevoelentes en effe dof aan die blink kant. Maar, my roeping sal my lei. Hierdie taak is groter as ek. Met geesdrif en ywer sal ek daarvan lig maak.

(Indien jy dalk vaagweg onthou dat daar jare gelede ook ‘n handlanger genaamd idiwidi rondgeswerf het wat namens diewitdraak gepraat het, is jy nie geheel en al verkeerd nie. Dit was die vorige geslag meester en kneg wat toe aan die woord was. Soos ‘n boom sy bas en ‘n slang sy jas, het hulle egter eendag, sonder voorbode of tyding, hulle losgeskud van woorde en in die niet verdwyn. As jy sou belangstel om hulle onsamehangendhede te gaan opsoek sou jy dit HIER kon vind.)

Advertisements

6 thoughts on “Lig

Los 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s