Toegegroei

Van tyd tot tyd is dit goed om siek te wees. Siek genoeg om by die huis te bly vir ‘n paar dae. (Dis sleg as jou lyf net genoeg funksioneer dat jy steeds moet werk.)

Vreemde dinge gebeur as jy lank genoeg horisontaal verkeer. Soos dat stywe blogvingers weer begin wikkel en swaar blogvoete koerskry al langs ou vergete paadjies in die oerwoud van die www. Tussendeur die koorsige dagslapies vind jy dat baie van jou ou bekende bakens reeds oorgroei is, of dat soos by verlate oorlogruïnes net verweerde geraamtes oorbly van wat voorheen daar floreer het. Hier en daar vind jy nog ‘n oorlewende wat eensaam en half-kêns aan ‘n klein vuurtjie bly stook, angstig vir die nag wat kom en wantrouig oor jou skielike terugkeer.

By elke hoop klippe lê ek ‘n kransie neer, en vir elke ou vriend wat my weer met oop arms ontvang, omkring ek sy naam in die sand. Wat het geword van die ander? Het hulle die pad gevat na ‘n beter heenkome? Is daar deesdae ander paadjies oopgekap deur die woud waarvan ek moet weet?

Advertisements

2 thoughts on “Toegegroei

  1. Ons is omtrent almal nog hier rond – party net meer as ander en party het getrek, maar bly nog in dieselfde buurt – net onder ‘n ander naam 🙂 Lekker om jou weer te sien!

Los 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s