My name is idiwidi, and I’m a recovering carnivore

As oogklappe afval, is dit vrek moeilik om weer vas te gom.

Ek is al vir so te sê ‘n jaar en ‘n half ‘n recovering carnivore. Hoekom? Want al die spoeg wat my kliere kan produseer sal nooit weer die oogklappe kan laat plak nie.

Hoewel ek baie dae nog hoop om uit te vind dat die fanatici eintlik net oordryf, en dat ons maar kan voortgaan om vleis te vreet en vis te vang sonder dat die aarde daardeur vernietig word of enigiets vir my aandete moes ly, weet ek eintlik dat hierdie hoop beskaam. En dan is ek skaam omdat ek nog so min dóén. Of nie doen nie.

Dis ‘n proses wat tyd neem. Dit is ‘n tawwe taak om myself van diere produkte te speen. Ons samelewing maak dit ook nie juis maklik om ‘n vegetariër te wees nie. As ek weer moet kies tussen ‘n Griekse slaai of butternut lasagna by ‘n fancy restaurant (as ek gelukkig is, kry ek sampioen risotto) eet ek eerder die servet.

Maar oor die algemeen is kos nog die makliker deel van die proses vir my. Hoewel ek dit nog nie regkry om heeltemal vegan te wees nie, was ek in elk geval nog nooit juis ‘n skaaptjop en worsrol meisie nie. ‘n Mens kook tog ook baie meer interessant en kreatief as jy ‘n vars groente-muse na die kombuis toe lok, en dit pas my goed.

My volgende uitdaging is leerprodukte. Laat ek eerlik wees: Daar is vir my niks so lekker soos ‘n ou lamsvelletjie teen my vel nie. En seker niks so mooi soos ‘n goedgemaakte leer handsak nie. Maar, die oogklappe wil net nie sit nie. 

Ek is mal oor leer. Maar my liefde daarvoor is nie so sterk soos my wens om ‘n lewe van deernis en verantwoordelikheid te leef nie.  So, ek is so te sê bereid om die heerlike deurleefde leersitplek van hierdie gemaksone vaarwel te roep. Een keuse op ‘n slag.

(Lees hierdie artikel as dit jou interesseer: http://www.huffingtonpost.com/bruce-friedrich/leather-bad-for-the-envir_b_1696183.html)

Image

Advertisements

4 thoughts on “My name is idiwidi, and I’m a recovering carnivore

  1. Welkom op die bandwagon. Hier in die Vrystaat bestaan ELKE vegetariese dis uit iets met spinasie en feta, of ‘n toasted cheese en tomato. Sterkte, van ‘n mede RC.

  2. Ek het hope simpatie met mense wat vegetaries word omdat hulle vir diere omgee. Maar ek verstaan of glo nie regtig die argument dat vleis eet noodwendig die aarde moet bedreig nie. Vat nou maar die droë dele van SA (wat die grootste deel is). Jy kan nie regtig ander soort landbou as veeboerdery ekonomies op groot skaal daar bedryf nie.

    En kyk bietjie hoe mooi is die Karoo, groot dele van die Vrystaat en die Noord-Kaap in vergelyking met byvoorbeeld die mieliedriehoek. Op veeplase kry jy nog ware natuur, met wildsbokke, jakkalse, skilpaaie en wat nog alles. Daarteenoor is landerye maar relatief steriel – dis bloot net landerye.
    Ek hoop hierdie dele sal altyd veeplase bly.

  3. Omtrent twee derdes van die aarde se landoppervlakte word tans deur diere-boerdery opgeneem. Dit maak ‘n 40% groter bydrae tot aardverwarming as alle vorme van vervoermiddele saam.

    As ek nou ‘n dier móés kies om te eet, dan sal dit ook ‘n Karoo skaap wees – hulle lewe ten minste redelik goed voordat hulle geslag word. Ons sou kon sê dis nog natuurlike boerdery. Maar, ongelukkig is die vleis wat ons meestal op ons borde kry nie van diere wat ‘n goeie lewe gehad het nie. Dit kom van batteryplase af waar diere van geboorte af in die put van die hel beland het. Veral hoenderplase is gruwelagtig erg.

    Maar, wag. Ek sien hierdie raak ‘n inskrywing…

  4. Terug pieng: Leef wat jy glo | idiwidi

Los 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s