wie is idiwidi?

 

idiwidi

Dis ek. Maar net ek. Saaklik, tog speels. ‘n Private woord-voyeur. Tong in die kies of soms voet in die mond dwaal ek deur die gange van die web en knyp net sporadies aan die boud van een of ander affêre.

As vertroueling van my meester, diewitdraak, speel ek stem vir die stomme kolos. Ek verdedig dié skrander maar skaam gekwetste met my onwaardige dubbelspel op die verhoog van gedagtes.

As dit kon, sou sy self wou praat. In woorde sonder stotter of stamel. Woorde wat raakvat en eg is. Wat sê wat dit bedoel, en die wêreld sê soos hy is.

As sy kon praat of skryf, sou woorde genoeg wees. En ek sou kon rus.

“idiwidi” is ʼn speling tussen die woorde indiwidu en diewitdraak (d.w.d.): “Haal die u uit [indiwidu], want die woord ‘u’ as deel van die woord ‘indiwidu’ mag deur sommige as ʼn toutologie gesien word. Smyt die n uit want dit het nooit regtig in die woord gepas nie. Vervang nou die u met ʼn i sodat ʼn palindroom geskep word met diewitdraak op sy spilpunt. So word diewitdraak die middelpunt van die individu.” – Die Lammervanger

 

 

2 thoughts on “wie is idiwidi?

  1. Hi Idiwidi,

    Ek hoop dat jy die boodskap aan jou meester kan oordra: Indien sy haarself ooit in Seoul bevind en bietjie Afrikaans wil gesels met iemand anders met ‘n liefde vir woorde (vernaam Afrikaansewoorde), kan sy my gerus opsoek.

    Groetnis,
    Skryfblok

Lewer kommentaar op Skryfblok Kanselleer antwoord